Gemeenskap

Manna-projek

Manna-projek is deur Iréne du Toit (matriek 2022 gestig. Hierdie is ‘n groep wat uitreik na behoeftiges in die gemeenskap. Van die projekte wat hulle al gedoen het, is die Santa Shoebox-projek waar geskenke by die plaaslike sopkombuis aan behoeftige kinders uitgedeel is.

Daar is ook gehekelde mussies vir babas en kleuters by die dagsorg in die informele nedersetting uitgedeel. Die leerders het die provinsiale hospitaal besoek en met die pasiënte gaan gesels, vir hulle gebid en geskenkies uitgedeel. Hulle het ook sagte speelgoed en mussies vir die kinders in die hospitaal uitgedeel.

Elke jaar word leerders uitgenooi om by hierdie projek betrokke te raak en dus ‘n verskil in ons gemeenskap te maak.

Die Manna-projek bied ‘n geleentheid aan die leerders om bewus te raak van die behoeftes in die gemeenskap en ook die kans te kry om ‘n verskil te maak. Die Ovies gee werklik om en is daarom bereid om ander in nood by te staan en die gemeenskap van dienste te wees.