Mnr. Johan Jakobs is nou vir amper twee kwartale in sy pos as die skoolhoof van Hoërskool Overberg. Ons het by hom gaan kuier om meer oor homself en sy planne vir die skool uit te vind.
Ek is in Walvisbaai in Namibië gebore en matrikuleer aan Hoërskool Windhoek. Ek het aan die Universiteit van Stellenbosch my M.Sc(Genetika) en NOS voltooi. Van daar het ek by Duineveld, Franschoek, Dirkie Uys en Bloemhof onderwys gegee.
Ek is met Elna getroud en ons het ‘n vierjarige seuntjie.
Baie opgewonde en ek het dadelik begin langtermynplanne maak met die visie met wat dit sal verg om Hoërskool Overberg die beste plattelandse skool in die Boland te maak.
Die personeel is baie positief, hardwerkend en het ‘n werklike hart vir die leerders en wil vir die leerders ‘n toekoms bou. Die leerders is netjies, goedgemanierd en entoesiasties.
My droom is dat elke leerder sy of haar potensiaal bereik in ‘n vriendelike, veilige omgewing waar hulle net hulself met entoesiasme kan wees. Ek wil hê dat elke leerder weet hulle is belangrik en dat hy/sy nie net ‘n nommer is nie.
Daar is baie, maar een van die mees onderskatte vaardighede is dat leerders hulle self en hul vordering self moet kan beoordeel. As hulle dit nie akkuraat kan doen nie, hoe kan hulle bepaal of hulle beter word en vordering toon? ‘n Ander aspek van die skool wat noodsaaklik is, is dat leerders ‘n groter prentjie van die werklikheid besef en krities kan dink en redeneer oor gebeurtenisse in hul lewens wat hul toekoms kan beïnvloed.
Geleenthede om holisties as mens te ontwikkel word deur Covid van die leerders ontneem. Die leer van sosiale en sagte vaardighede het verlore geraak as gevolg van die feit dat leerders nie aan sport, kultuur en sosiale geleenthede kan deelneem nie. Geleenthede in klasverband moet geskep word om hierdie vaardighede te ontwikkel bv. lewensoriënteringsklasse wat fokus op sagte vaardighede. Klas gee is soveel meer as net die kurukilum wat voltooi moet word. Kreatiewe idees en -geleenthede moet geskep word.
Nie net sport nie, maar ook kultuur op skool is van kardinale belang. Naas dat dit jou ‘n gesonde en gebalanseerde lewenstyl laat ontwikkel, is dit dit belangrik om jouself en jou vermoëns te leer ken. Spangees, sosiale interaksie, die hantering van druk, om teleurstelling te kan hanteer en om te leer wen, is alles aspekte wat leerders moet ervaar om afgeronde individue te word.
Eerlikheid en integriteit. Dit is waardes wat aangeleer word met streng selfdissipline en noodsaaklik vir persoonlike groei. Om iets wat gedoen moet word nie uit te stel nie, is ook baie belangrik. “To be is to do, to do is to do now”.
Sport, my familie, die natuur en die onderwys. Dit is motiverend om te sien hoe leerders se karakters groei tot volwaardige afgeronde mense.
Ondersteun jou kind en laat hom of haar toe om sy/haar kreatiwiteit en potensiaal in ‘n volhoubare gelukkige omgewing te ontwikkel. By ons skool sal jy gelukkig wees, groei en aan die einde van jou skoolloopbaan genoeg selfvertroue en vaardighede hê om ‘n positiewe verskil in die wêreld maak.
Dat jou punte (prestasies) nie jou menswees weerspieël nie, maar hoe hard jy werk vir kennis en vaardighede, doen wel.
Ons wens vir meneer Jacobs voorspoed toe vir die res van die jaar. Dit is met groot opgewondenheid dat ons wag om te sien hoe hierdie hoof met die hart vir kinders Hoërskool Overberg tot nuwe hoogtes neem. Ad Altiora – Altyd Hoër… definitief ‘n leuse wat ons skoolhoof beskryf.