Ad Altiora - Altyd Hoër
In 2017 is daar begin met opgradering van die klubhuis by Hoërskool Overberg. Die idee was om ‘n ontspanne, gesellige kuierplek te skep, waar die publiek, ouers en kinders kwaliteit koffie en iets te ete kan geniet.
Die klubhuis is toegerus met alle noodsaaklike breekware wat dit moontlik maak om hierdie lokaal uit te huur. Die lokaal is groot genoeg om funksies van tot 32 mense te akkommodeer. Die dekor en pragtige uitsig vanuit die klubhuis maak verdere versiering onnodig.
Daar is ook nou ‘n pragtige houtdek met tafels en stoele wat uitkyk oor die dorp en omgewing. Dit is ‘n ideale plek vir ‘n verjaarsdagviering, biduur en jaarafsluiting. Die kontakpersoon vir enige navrae en besprekings is Leandri Smit. Kontak haar by 083 5665 993 en sy sal op haar vriendelike manier van diens wees. Kom maak gerus ‘n draai by ons eie “Koffiekuierplek” en geniet die mooi wat tot u beskikking is.