Ad Altiora - Altyd Hoër
Buitemuurs / Sport
Atletiek
Buitesport
Gholf
Hokkie
Krieket
Netbal
Rugby
Sportprestasies
Tennis
Winter Interskole
Somer Interskole
Atletiek word beskou as die toonaangewende sportkode in H.S. Overberg. Dit is die sportkode waaraan die meeste leerlinge deelneem en tydens die Interskole is daar ongeveer 90 atlete wat deel uitmaak van die span. Die atletiekseisoen is ‘n besige een met verskeie byeenkomste wat opmekaar volg en in Januarie word die Graad 8- en Kleurebyeenkoms reeds in die eerste week van skool gefinaliseer.
Vanjaar het ons ook aan die Puma “School of Speed” byeenkoms in Groenpunt deelgeneem en uitstekend gevaar. Vroeg Februarie vind die grootste byeenkoms van die jaar plaas naamlik die Interskole teen Hermanus en Bredasdorp. Hiena volg die Suid-Sone, Suid-Boland en die Boland kampioenskappe kort op mekaar se hakke en tydens die Maart vakansie vind die SA Atletiek Kampioenskappe plaas. Vanjaar het ons 3 atlete 7 medaljes by die SA’s verower wat ‘n merkwaardige prestasie is!
Atlete word in hulle onderskeie items elk deur ‘n opgeleide afrigter bygestaan en buite - afrigters van formaat word ingespan waar nodig. Die atletiekseisoen begin reeds in September met verskeie aflosbyeenkomste en dan in die vierde kwartaal word die seisoen se voorbereiding voortgesit met deelname aan Top 10 byeenkomste. H.S. Overberg sal altyd ‘n krag wees om mee rekenskap te hou.

Atletiek Nuus