Op 26 en 27 Maart verander die klaskamers van Hoërskool Overberg in ‘n reuse teater en skooluniforms word kostuum. Dis dramas, sang, flieks, dans….Leerlinge skep self hul eie produksies en die adrenalien pomp behoorlik hierdie twee dae.

Vanjaar is die hoofproduksie ‘Blended”, ‘n skouspel van danse, sang en drama.

Vanjaar spog Koesterklanke ook met Altiora Inc, ‘n pragtige koffiewinkel waar teatergangers heerlik kan kuier.

Die doel van hierdie mini- kunstefees is om elke Ovie  die geleentheid te gee met sy /haar talente te woeker  – en hul skitter!