Ad Altiora - Altyd Hoër

Huis van den Berg

Huis Van den Berg is geopen in 1952. Aanvanklik is daar seuns en dogters gehuisves. Met die aanbou van Nerina koshuis is die dogters daarheen verskuif. In die negentiger jare, as gevolg van 'n oorvol Nerina, neem sestien dogters hulle intrek by Huis Van den Berg. Die koshuis kan 104 seuns huisves.

Die heerlikste etes word daagliks bedien met nagereg op Dinsdae en Donderdae. Die koshuis bied ook die volgende vir sy inwoners: Groot platskerm TV, DSTV, 2 "pool" tafels, 2 tafeltennistafels en 'n gimnasium.

Die hoogtepunte van die jaar is die koshuistroue, Groot-eet en die "pool"- en tafeltenniskompetisie.

Koshuisraad 2021/2022

  • Petrus Kruger
  • Skyle February
  • Reece (Poena de Ridder)
  • Karel Liebenberg
  • Alexander Nicholson
  • Andrew Erasmus
Koshuisvader:

Mnr. Vlam Matthee
E-posadres:  matthee@overnet.co.za

Foto's

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X