Ad Altiora - Altyd Hoër
Huis van den Berg
Huis Van den Berg is geopen in 1952. Aanvanklik is daar seuns en dogters gehuisves. Met die aanbou van Nerina koshuis is die dogters daarheen verskuif. In die negentiger jare, as gevolg van 'n oorvol Nerina, neem sestien dogters hulle intrek by Huis Van den Berg. Die koshuis kan 104 leerders huisves. Tans is daar 78 seuns en 16 dogters.
Die heerlikste etes word daagliks bedien met nagereg op Dinsdae en Donderdae. Die koshuis bied ook die volgende vir sy inwoners aan: Groot platskerm TV, DSTV, 2 "pool" tafels, 2 tafeltennistafels en 'n gimnasium.
Die hoogtepunte van die jaar is die koshuistroue, Groot-eet en die "pool"- en tafeltenniskompetisie.

Koshuisraad 2019/2020
NERINA
- Cathleen Blomerus
- Miché Botes - Hoofmeisie
- Meshay Duraan
- Kayla Fourie
- Tarique Mostert
- Siya Saul
- Catharina Vice
- Jo-Mari Wiese
- Abongile Dekeda
- Danel Franse - Hoofseun
- Tershern Jacobs
- Merson Marinus
- Willem Roux
- Githa van Niekerk
Nerina Koshuis
Nerina koshuis is in 1960 geopen en huisves 90 dogters. Daar word daarna gestreef dat dit ‘n tuiste weg van die huis vir ons inwoners moet wees. Dit is ‘n plek waar jy as dogter kan ontwikkel, vriendskappe smee en herinneringe bou.
Daar word deur die jaar verskeie aktiwiteite aangebied. Die Koshuistroue, dinee en karaoke-aande is maar ‘n paar van dié geleenthede. Meestal is dit vier leerders wat ‘n kamer deel. In graad 12 is daar twee leerders per kamer.
Dit is voorwaar ‘n voorreg om deel van die Nerina-familie te wees.