Ad Altiora - Altyd Hoër


Krieket is een van ons hoofstroom seunsportsoorte wat tydens die eerste- asook vierde kwartale beoefen word. Hoërskool Overberg skryf jaarliks spanne in die O/15 sowel as O/19 plaaslike liga in. Ons beskik oor ons eie turfkolfblad by die skool asook vier oefennette op die terrein van die seunskoshuis. Ons poog om ook met B-spanne in beide ouderdomsgroepe mee te ding en slaag veral gedurende die eerste kwartaal in hierdie doel alhoewel dit tydens die vierde kwartaal, wanneer die matrieks met hul finale eksamens besig is, nie altyd moontlik is om met ‘n O/19 B span mee te ding nie. Daar is drie personeellede as afrigters en skeidsregters betrokke, en ons poog om leerders as skeidsregters, maar veral tellinghouers te bemagtig. Ligaverpligtinge word gewoonlik gedurende die week nagekom terwyl streeksproewe en streekswedstryde gewoonlik op naweke voorkeur geniet. Die skool voorsien basiese toerusting terwyl ‘n boulmasjien vir die afronding van meer gevorderde spelers aangewend word.

Krieket Nuus

Foto's

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X