Ad Altiora - Altyd Hoër

Altiora -Inc

Altiora Inc is ‘n bedryfsarm van die Hoërskool Overberg. Alle fondse behalwe skoolgeld word deur hulle administreer met die skool as enigste begunstigde. Die bestuur bestaan uit Phillipus Swart (Voorsitter), CM Augustyn en Tonie Linde.

Hulle projekte vir 2017/2018 sluit die volgende in:

1. Die nuwe voorkoms van die Altiora Inc. klubhuis, asook die houtdek wat opgerig is.
2. ‘n Koffiewinkel wat weeksdae oop is vir die publiek, asook uitverhuur kan word. Skoliere is ook opgelei as Baristas en vorm deel van hierdie fasiliteit.
3. Die Graanprojek.
4. Bergfiets projek.
5. Die aanbou van badkamers by die Klubhuis.

Altiora Inc. is baie afhanklik van die ondersteuning van die gemeenskap asook oudskoliere.

Altiora Inc Dagbestuur