Ad Altiora - Altyd Hoër

Die snoepie is ‘n projek van die OOV en word deur Annetjie Lourens bestuur. Haar assistente is Riana en Denise.

Hulle wil effektiewe diens en gesonde en gewilde kos aan leerders verskaf. Hulle bly in voeling met die behoeftes van leerders en personeel deur jaarliks vraelyste te laat invul. Langs die snoepie is die Klubhuis waar leerders rustig kan sit en eet, kuier en ook hulle huiswerk kan doen.

Die opgegradeerde snoepie is ‘n aanwins en bate vir die skool.

Foto's