Ad Altiora - Altyd Hoër


Somer-interskole is ‘n tradisie wat al vir sewentien jaar deel is van die atletiekseisoen. Atletiek is een van ons sportsoorte waarin ons nog al die jare uitmuntend presteer.

Die skole wat deelneem is Hoërskool Overberg, Hoërskool Hermanus en Hoërskool Bredasdorp. Ons is baie trots op die feit dat ons al vyftien van die sewentien byeenkomste gewen het. Die optog en kreet is ook een van die hoogtepunte van die dag. Somer-interskole is definitief een van die Ovies se hoogtepunte en ‘n dag waarop almal saamstaan en elkeen sy beste doen om ons naam hoog te hou.

Videos

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X