Ontdek jou plek... Hier is jy nie net 'n nommer nie

Waar die kind wat ons die wêreld instuur, belangrik is.

Welkom by Hoërskool Overberg

Play Video

Ons is Ovies

HOëRSKOOL OVERBERG het ‘n trotse geskiedenis en streef na uitnemendheid op akademiese-, kultuur- en sportgebied. Hier is elke kind vir ons belangrik en word as individu hanteer. Deur ‘n ervare personeel word elke kind binne ‘n rustige plattelandse omgewing gelei om sy volle potensiaal te ontwikkel. Koshuisverblyf en landbou-ontwikkeling vorm ‘n belangrike onderdeel van ons skool.

Ons Visie:

Gelukkige leerders wat hulle volle potensiaal kan ontdek en ontwikkel in ‘n veilige, stimulerende en volhoubare omgewing.

Mnr. Johan Jacobs, Skoolhoof

Wat ons dink en doen en beplan, maak saak – vir onsself, ons gesin en familie én vir die samelewing. Dit wat ewigheidswaarde het, is vir ons belangrik.

Ons fokus op kritiese denke, probleemoplossing, samewerking, kreatiwiteit en sagte vaardighede.

Ons Koshuise

Huis van den Berg

  • Huis Van den Berg is geopen in 1952. 
  • Aanvanklik is daar seuns en dogters gehuisves.

Nerina Koshuis

  • Nerina koshuis is in 1960 geopen.
  • Huisves 90 dogters.