Ad Altiora - Altyd Hoër


Op Saterdag, 19 Augustus 2017 het die 25ste interskole tussen Hoërskool Overberg en Hoërskool Hermanus plaasgevind. Hierdie dag is waarna elke hokkie-, netbal- en rugbyspeler van die onderskeie skole die hele seisoen uitsien. Ovies het hul teenstanders met ware Ovie-gasvryheid ontvang. Dit was ‘n heerlike dag waar goeie sportmangees tussen die twee skole openbaar is. Daar is verwoed geveg tot aan die einde van elke wedstryd. Die dirigente het voor die hoofwedstryd ‘n dansvertoning gelewer en toe het elke skool hul kreet en skoollied voor honderde oudleerders en ouers gesing. Juffrou Stella en die dirigente het weereens vir ‘n puik lied en kreet gesorg.

Spanne het werklik sport van hoogstaande gehalte gelewer. Wedstryde se uitslae is, veral by die rugby, in die laaste minute van die wedstryd bepaal. Die eerste dogters - hokkiespan het vir groot opwinding gesorg en hulle wedstryd 2 – 1 wen. Daarna wen die 0/19 A - netbalspan hulle wedstryd 25 – 22. Die 0/18 A seuns hokkiespan speel ‘n ongelooflike goeie wedstryd, maar dit is Hermanus wat die wedstryd 2 – 1 wen. Die hoofwedstryd was spannend en die dertig spelers op die veld het tot die einde verbete geveg. Overberg speel die wedstryd van hulle lewe, maar moes ongelukkig die knie buig voor Hermanus wat die wedstryd 21 – 16 wen.

Die volgende interskole vind plaas op 18 Augustus 2018.

Foto's

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X