Op Donderdag, 23 Februarie het die Graad 10 Toerismeklas verskeie attraksies in die Wynlande besoek.

Eers was die Le Bonheur krokodilplaas aan die beurt. Hier kon leerlinge die nuwe avontuur-aktiwiteit, krokodilhok-duik aanskou toe buitelanders dit beproef het. Daarna kon hul self ‘n klein maatjie vashou (erg versigtig, maar gelukkig is sy bek toegemaak!) Hul kon ook in die soewenierwinkel ‘n vel van R36 000-00 bewonder!’

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hierna is ‘Butterfly World’ besoek – interessant is dat hierdie attraksie bestaan uit ongewenste troeteldiere, baie ook eksotiese diere wat hul eienaars later nie meer wil hê nie.

By ‘n temperatuur van 39˚C is die Taalmonument se berg aangedurf. Die leerlinge is deur ‘n ASATA-gids ontvang en het die pragtige simboliek van die suile vir die eerste keer verstaan. Dit was vir hulle ‘n hoogtepunt.

Die middag is Franschhoek se Hugenote Monument besoek – vele het vir die eerste keer gehoor wáár ons wynbedryf vandaan kom!

Beslis ‘n leersame uitstappie!