Ad Altiora - Altyd Hoër

Hoërskool Overberg
Welkom by die webblad van Hoërskool Overberg. Ek hoop dat u ons hart sal ervaar en ons passie vir dit wat elkeen van ons hier in Ovieland doen. Ons het ‘n gedugte span van uitstekende opvoeders wat ‘n verskil in ons leerders se menswees maak. U sal ook op hierdie webblad by ons spogoomblikke sien dat ons leerders op alle gebiede presteer en jaarliks talle toekennings vir ons inpalm.
My wens is dat u en u kind deel sal raak van ons familie en dat die vyf jaar hier by ons vir trotse oomblikke sal sorg en ‘n veilige plek sal wees waar u kind sy/haar unieke menswees kan uitleef en volle potensiaal kan bereik.

Ons Personeel

Hanneke Strydom
Skoolhoof
Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal (graad 10 – 12)
Me Strydom matrikuleer aan die Hoërskool Wonderboom en behaal haar graad by NKP en BEd (Hons) by UNISA.
Hierdie bedrywige opvoeder rig die skool se eerste netbalspan af asook gewigstoot. Verder is sy ook aktief betrokke by die skoolkoerant, Koesterklanke en Debattering.
Musiek, lees, Uno is maar ‘n paar van die dinge waarmee sy haarself besig hou. Sy het ook twee Boerboele wat haar hart se punt is.

Lees Meer

Louis Kriel
Adjunkhoof
Ingenieursgrafika en Ontwerp (graad 10 – 12) en Tegnologie (graad 8 en 9)
Mnr Kriel matrikuleer aan die Hoërskool Vanrhynsdorp waarna hy by die Onderwys Kollege in die Paarl gaan studeer. Hy maak eers by Hoërskool Boesmanland en Hoërskool Montana ‘n draai voordat hy by Hoërskool Overberg aansluit. Elke jaar vaar sy leerders uitstekend in die NSS eksamens en het van sy leerders al van die top akademiese posisies landwyd beklee.
Hy is veral betrokke by die afrigting van rugby en krieket.
Houtwerk is een van sy passies en iets wat hy in sy vryetyd doen. Verder is hy iemand wat baie mooi staaltjies kan vertel met ‘n regte Boesmanlandaksent.

Conrad Meyer
Departementshoof
Fisiese Wetenskap (graad 10 – 12) en NW (graad 8 – 9)
Mnr Meyer matrikuleer aan Hoërskool Empangeni, Natal en behaal sy BSc (Hons Fisika), HOD aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy het voorheen by Hoërskool Namakwaland skoolgehou.
Hierdie pa van drie (almal Ovies) is ‘n regte gesinsman en sy liefde vir kinders kan jy sien in die manier waarop hy sy leerders hanteer. Hy is betrokke by die afrigting van rugby en krieket. Sy 24 jaar ondervinding in sy vakgebied lei daartoe dat ons kinders uitstekende onderrig in Fisiese Wetenskappe ontvang en om hierdie rede is hy ook by verskeie Lenteskole betrokke.
Hy is ‘n buitelugmens wat graag hengel, kamp en lees.

Barbara Milne
Onderwyser
English Home and First Additional Language, (grade 8 – 12)
Me Milne matrikuleer aan die Hoërskool Hermanus en gaan studeer by die Universiteit van Port-Elizabeth.
Sy begin as jong onderwyseres by Hoërskool Overberg, waar sy haar passie en liefde vir die Engelse letterkunde aan haar leerders oordra. Sy is betrokke by ons skool se dramavereniging.
In haar vrye tyd lees sy graag en geniet dit om in die natuur tyd te spandeer.

Stella Augustyn
Vakhoof
Wiskunde (graad 8– 10 en 12) en Kreatiewe Kunste (graad 8 – 9)
Enige Ovie-leerder sal kan bevestig dat Juffrou Stella die hartklop van die Ovie-gees is. Te danke aan haar kreatiwiteit en hardwerkendheid is ons skool se krete by ons Somer- en Winterinterskoles oraloor bekend. Sy is die koorleidster en onder haar leiding, het ons koor al van die hoogste toekennings by Eisteddfods ingepalm.
Me Augustyn matrikuleer aan die Hoërskool Hugenote waarna sy BMus Ed Hons aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en voltooi ook Wisk II deur Unisa. Sy hou eers by Hoërskool Bonnievale skool voordat sy by ons aansluit. Wiskunde is haar passie en met haar kreatiwiteit sal sy altyd met ‘n uitdagende wiskundige probleem vorendag kom.
Vrye tyd is maar skaars by die besige juffrou, maar gedurende vakansies hou sy haarself besig met skilder, lees, naaldwerk en kosmaak.

Myrna Van Niekerk
Onderwyser
Rekeningkunde (Graad 9 -12)
Me van Niekerk matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Bloemhof en behaal haar BComm, HOD aan die Universiteit van Stellenbosch.
Sy is betrokke as afrigter by tennis en netbal. Haar liefde vir haar vakgebied, maak van haar ‘n gesogte Rekeningkunde-onderwyseres wat gereeld ekstra klasse vir leerders van ander skole aanbied. Vir hierdie juffrou is harde werk nie onderhandelbaar nie en dit kan jaarliks in ons skool se Rekeningkunde-uitslae gesien word.
Sy doen darem nie net “boeke” nie, maar is ook lief vir stap, kamp, lees en naaldwerk.

Michiel Botha
Onderwyser
NW (Biologie) (graad 8-9), Landbouwetenskap (graad 10 – 12)
Mnr Botha matrikuleer aan Hoërskool Hugenote en behaal sy BSc (Hons Ekologie), OD (3 jaar) aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy hou eers by Hoërskool Willowmore skool voordat hy by Hoërskool Overberg aansluit.
Hy is betrokke by rugby en krieket. Hierdie geliefde meneer se unieke menswees en geloof maak van hom iemand wat soveel leerders deur sy voorbeeld positief beïnvloed. Deur gereelde landbou-uitstappies bring hy die praktiese deel van die bedryf tot by sy leerders.
Hy is baie lief vir lees, slaap, tuinbou, hengel, musiek en om saam met sy gesin films te kyk.

Lisel Groenewald
Onderwyser
Gasvryheidstudie (graad 10 – 12) en LO (graad 8, 9 en 10)
Me Groenewald is ‘n oudleerder van Hoërskool Overberg. Sy sluit by ons aan as Gasvryheidstudie-onderwyseres. Sy het voorheen in die kosbedryf gewerk en is ‘n kulinêre kenner en restaurantbestuurder.
Sy is ook verantwoordelik om tydens sportdae en ander funksies ons gaste welkom te laat voel en hulle met smullekker kos te bederf.
Me Groenewald is lief vir lees en geniet dit om haar passie vir kos in die kombuis uit te leef.

Annamari Burger
Onderwyser
English First Additional Language ( grade 8 – 10) en Geografie (graad 12)
Me Burger matrikuleer aan die Hoërskool Jan van Riebeeck en behaal haar BA-graad , HOD. Sy gaan maak eers ‘n draai by Hoërskool Walvisbaai, Concordia College en ook St Paul’s College voordat sy by die Ovie-famile aansluit.
Sy rig netbal en atletiek af. Haar passie en liefde vir hierdie twee sportsoorte maak dat sy haarself goed as afrigter gekwalifiseer het. Van haar diskus-atlete kry gereeld provinsiale kleure. Sy is ook ‘n uitstekende netbalafrigter wat nie omgee om die ekstra myl vir haar span te loop nie.
Sy is baie lief vir stap, lees en reis. Sy het al in Duitsland saam met ons uitruilstudente ‘n draai gaan maak.

Lindi Petley
Onderwyser
Lewenswetenskap (graad 10 – 12)
Me Petley matrikuleer aan die Hoërskool Pietersburg. Sy behaal haar BSc, HOD aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy het ook voorheen by Hoërskool Sybrand van Niekerk en Hoërskool Eric Louw skoolgehou.
Hierdie juffrou is passievol oor hokkie en rig die afgelope 3 jaar ons skool se 0/18A- en 0/16A seunsspanne af . Haar Biologieleerders sal daarvan getuig dat sy ‘n kultuur van harde werk by hulle wil vestig en dat dit hulle help om goeie uitslae aan die einde van hulle Senior Sertifikaat Eksamen te behaal.
Sy is lief vir lees, “scrapbooking” en sport. Sy het drie woelwaters wat haar by die huis besig hou.

Vivienne Cleophas
Onderwyser
Rekenaartoepassingstegnologie (graad 10 – 12)
Me Cleophas matrikuleer aan die Hoërskool Hopefield waarna sy haar BEd VOO (EBW) by CPUT in Wellington voltooi.
Sy is betrokke by ons skool se noodhulp en rig ook atletiek af. Sy is ook die raakvat-juffrou wannneer daar pamflette en enige rekenaarwerk gedoen moet word. In haar vrye tyd geniet sy dit om te lees en spandeer graag tyd in die natuur.

Gerna Schoombee
Vakhoof: LO
Lewensoriëntering (graad 8 – 12)
Me Bredenkamp matrikuleer aan die Hoërskool Bredasdorp en voltooi haar BEd (Psig) graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy hou eers skool by Hoërskool Tulbagh voordat sy by Hoërskool Overberg aansluit.
Sy rig netbal en atletiek af en is verantwoordelik vir die CSV by die skool Sy is ook superintendent by Nerina koshuis. Hierdie juffrou het ‘n ongelooflike liefde vir .kinders en is op haar gelukkigste as sy ‘n verskil in ons leerders se lewe kan maak.

Leandre Barnard
Onderwyser
Geografie (graad 10-11) en Afrikaans (graad 8)
Mnr Barnard matrikuleer aan die Hoër Volkskool Potchefstroomen studeer aan die Noord-Wes Universiteit.
Hy rig atletiek en rugby af. Ons is baie opgewonde oor hierdie meneer se kennis van hekkieafrigting.
In sy vrye tyd geniet hy lees, kitaarspeel en die buitelewe.

Monique Barnard
Onderwyser
Afrikaans (gr. 8 & 9) Engels (gr. 8)
Monique is ‘n gebore en getoë Paarliet. Sy matrikuleer by Paarl Gimnasium waarna sy by die Universiteit van Stellenbosch gradueer. Sy verwerf haar BA. HON in Vertaling en Redigering. Daarna gaan werk sy vir ‘n jaar in Nederland. Hierdie juffrou is Nederlands en Frans magtig.
Sy het ‘n passie vir mense, diere, tale en toer. In haar vrye tyd lees sy graag. Vir haar is sport ook baie belangrik en daarom rig sy ook hokkie af.

Graham O’Leary
Onderwyser
Natuurwetenskap (gr. 8 & 9) Tegnologie (gr. 8) Biologie (gr. 10)
Mnr. O’Leary matrikuleer aan die HTS Drostdy waarna hy B.Sc aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.
Hy het ‘n liefde om met jongmense te werk en om te sien hoe hulle hul potensiaal ontwikkel en sukses behaal. In sy vrye tyd ry hy graag motorfiets. Branderplank ry is ook iets wat hy baie geniet. Mnr. O’Leary rig rugby, krieket en atletiek af. Hy is ook by die CSV betrokke.

Charlene Hyman
Finansiële beampte
Mevrou Hyman het in Sasolburg grootgeword. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Robertson. Sy is as ‘n Gesertifiseerde Tegniese Rekenmeester gekwalifiseer. Sy is besig om aan haar B.Rek graad te werk. Sy is getroud
en het twee dogtertjies.
Sy is lief vir bordspeletjies. Sy bak en versier graag karakterkoeke vir kinderpartytjies.

Anna-Mart Fourie
Onderwyser
Wiskunde (gr.8 - 10) en Skeppende Kuns (g. 9)
Juffrou Anna-Mart is in Somerset-Wes gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Montana. Eers behaal sy haar B.Ed-graad by CPUT (Wellington) waarna sy B.Sc aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.
Hierdie musikale juffrou kan ongelooflik mooi sing en gaan betrokke wees by die koor en Koesterklanke. In haar vrye tyd lees sy graag. Sy wil graag die wêreld sien en ander kulture ervaar

Teresa Coetzee
Administratiewe beampte
Vak
Mevrou Coetzee is ‘n gebore Caldonner. Sy matrikuleer aan die Hoër Handelskool Worcester en studeer daarna sekretarieel aan die Stellenbosch Kollege. Haar vriendelike en hulpvaardige diens by die skool word hoog op prys gestel.
In haar vrye tyd lees sy graag en sy doen ook naaldwerk.

Marlise Coetzee
Sekretaresse
Mevrou Coetzee is die vriendelike stem wat jou groet wanneer jy die skool skakel. Sy is nie net sekretaresse nie, maar ook iemand wat altyd help waar sy kan. Sy is in Caledon gebore waar sy dan ook aan die Hoërskool Overberg matrikuleer. Sy behaal haar HOD Senior Primêr aan die Wellington Onderwyskollege waarna sy eers by Laerskool Lorraine in Port Elizabeth skoolhou. Sy onderrig ook later deeltyds Rekenaarstudie by die Hoërskool Overberg.
Haar kinders en kleinkinders speel ‘n baie belangrike rol in haar lewe.
Haar kinders en kleinkinders speel ‘n baie belangrike rol in haar lewe.
Lees Meer

Alda Albertyn
Onderwyser
Afrikaans
Juffrou Albertyn is ‘n oudleerder van Hoërskool Overberg. Hierdie juffrou se hart klop warm vir haar skool. Sy behaal haar BA.MBK (HOD) aan die Universiteit van Stellenbosch.
Sy is die vakhoof vir Afrikaans en onderrig Afrikaans Huistaal gr. 10 - 12 asook Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Sy is die skool se hokkie-organiseerder en rig hokkie en atletiek af.
In haar vrye tyd is sy boervrou en ma. Sy spandeer graag tyd saam met haar gesin en hulle troeteldiere. Hierdie juffrou is ook baie lief vir lees en vakansie hou op Buffelsbaai.

Saretta Otto
Onderwyser
Afrikaans Huistaal (gr. 8 - 12)
Mevrou Otto is in Heidelberg, Kaap gebore waar sy ook matrikuleer. Na 38 jaar in die onderwys word sy vakadviseur vir Afrikaans. Sy tree in 2018 af waarna sy ‘n aflospos by Hoërskool Overberg aanvaar.
Haar kennis en liefde vir taal is van onskatbare waarde vir elke leerder in haar klas. Sy het al verskeie handboeke en studiegidse help skryf.
Lees is haar gunsteling tydverdryf. Sy speel ook graag saam met haar twee kleinkinders. Hoërskool Overberg is werklik bevoorreg om hierdie juffrou in ons midde te hê.

Jessica van Rensburg
Onderwyser
Skeppende Kuns (gr. 8 & 9); Afrikaans (gr. 8) en Engelse FAL (gr. 8)
Juffrou Jessica is nog ‘n oudleerder van Hoërskool Overberg. Na skool behaal sy haar B.ED FET (VOO) waarna sy by Hoërskool Overberg aansluit.
Hierdie energieke juffrou is ‘n inspirasie vir haar leerders. Sy is baie kunstig en weet hoe om haar vak vir die kinders ‘n fees te maak. Sy rig hokkie af en help met die skryf van die interskole krete.
In haar vrye tyd lees sy graag. Sy kyk ook Netflix en spandeer graag tyd saam met haar verloofde en vriende.

Madeleine Bence
Onderwyser
Opleiding:
BA + DTT Airfares + Ticketing Facilitalor Accredited – CUT Vrystaat
Tans besig met BA Sielkunde
Vakke:
FAL - grades 10 – 12
Toerisme – graad 12
Buitemuurs:
Cheerleaders
Koesterklanke
Passie:
Om vir elke kind ‘n voorbeeld van God se liefde te wees en ‘n veilige hawe te skep.

Elizna Burger
Onderwyser
Matrikuleer:
Hoërskool Hoopstad (Vrystaat)
Opleiding:
BA Toerisme – NWU Pukke
NGOS – NWU Pukke
Vakke:
Toersime – graad 10 – 12
SW (Geskiedenis) – graad 8 en 9
Buitemuurs:
O/16 netbal
Verspring
Cheerleaders
Passie:
Ek het ‘n liefde om met die kinders te werk en te sien hoe hulle groei en ontwikkel. My liefde vir toerisme het ook geen perke nie, aangesien ek daarvan hou om te reis en besienswaardighede te besoek. Ek geniet dit ook om tyd saam met my gesin deur te bring en te kook.

Pieter Burger
Onderwyser
Matrikuleer:
Hoërskool Paarl Gimnasium
Opleiding:
UDS – NWU Pukke
NGOS - CUT
Vakke:
Landbouwetenskap – graad 10
Landboubestuurpraktyke – graad 10
Landboutegnologie – graad 10 en 11
NW – graad 8
LO Sport – graad 9 – 11
Buitemuurs:
O/19A Rugby
Spiesgooi
Krieket
Passie:
Ek is absoluut prestasie gedrewe en glo daarin dat jy iets 100% aanpak of dit los. Ek hou ook daarvan om kwaliteit tyd saam met my gesin te spandeer, rugby en enige adrenalien opjaende aktiwiteite.

Francois Hugo
Onderwyser
Rekeningkunde Gr. 9 & 10
Tegnologie Gr. 8 & 9
LO Sport
Matrikuleer – HS Overberg, Caledon
Studeer aan CPUT (Wellington) Bed FET
Mnr. Hugo is betrokke by atletiek- en rugbyafrigting. Sy passie om ‘n verskil te maak in sy leerders se lewe.

Erika Palmer
Onderwyser
Vakke:
Wiskundige Geletterdheid – graad 10 – 12
Tegnologie - graad 9
Erika Palmer, ‘n oud-Ovie-onderwyseres, is terug op Oviebodem.
Sy is verantwoordelik vir graad 10 – 12 Wiskundige Geletterdheid, asook gr. 9-Tegnologie.
Sy het in 2013 by HS Overberg bedank. Haar liefde vir reis het haar en haar man die afgelope ses jaar na verskeie plekke in die Ooste en Kanada geneem.
Ons is dankbaar dat mev. Palmer die Ovies gekies het om tot aan die einde van die jaar te kom anker ingooi.

Danielle Olls
Onderwyser
Besigheidstudies Gr. 10 – 12
EBW – gr. 8
Matrikuleer by HS Sasolburg
Studeer: NWU, BCom Bedryfsielkunde & Arbeidsverhoudinge
Nagraadse Onderwyssertifikaat
Juf. Olls rig hokkie, ver- en driesprong af en is betrokke by Koesterklanke. Haar passie is om elkeen wat sy ontmoet, soos ‘n iemand te laat voel. Dit is hoekom sy in die onderwys is sodat sy dit elke dag kan uitleef.

Lee-Ann West
Onderwyser
Fisiese Wetenskap gr. 8
Wiskunde gr. 9 – 12
Matrikuleer aan HTS Drostdy
Studeer aan UNISA
Juf. West is betrokke by redenaars, Admaths, atletiek (spiesgooi) en netbal. Haar passie in die lewe is om haar leerders te halp sin maak van dit wat abstrak voorkom. In die lewe is daar ‘n logiese redeneerbare antwoord op ALLES, jy moet net die waarheid ontgin en nuwe wêrelde sal vir jou oopgaan.

Stoney Steenkamp
Opsigter.
Mnr. Steenkamp is die man wat sorg dat die terrein en skool netjies en veilig is. Hy is in Moorreesburg gebore en matrikuleer aan die HTS Drostdy.
Hy hou daarvan om met sy hande te werk en sweis graag. Hy is ook baie lief daarvoor om te braai.