Verenigings

Noodhulp

Ons skool het ‘n aktiewe noodhulpklub waar die leerders professionele Vlak 1 en Vlak 2 opleiding kry.  Hulle kry dan ‘n sertifikaat en moet vir die volgende drie jaar op die skool se noodhulpspan wees. Hulle tree ook tydens sportdae as noodhulpbeamptes onder leiding van ‘n mediese dokter en ander noodhulpkundiges op.

Kunsklub

Die kunsklub is vir alle leerders wat hul kreatiewe-self wil uitbeeld. Ons kom een keer per week bymekaar en werk aan die verbetering van illustrasietegnieke, woon werkswinkels oor verskillende kunsmediums by of teken net ‘n prent om te ontspan. 

Legkaartklub

Hierdie klub het onlangs ontstaan. Dit bestaan uit ‘n klein groepie leerders met ‘n liefde vir legkaartbou.  Hulle kom pouses bymekaar om aan hulle legkaart te bou.  Hier leer ken hulle mekaar ook beter en kosbare vriendskappe ontstaan.

Boekklub

Fiction Addiction bestaan uit ‘n groep leerders wat hulle liefde vir lees na die res van die skool bring.  Hulle het ‘n volwaardige biblioteek met uitstekende boeke vir enige smaak.  Hierdie boeke kan uitgeneem word deur die leerders in die skool.  Daar word boekbesprekingsaande gehou en sommer met lekker saamgekuier oor ‘n koppie koffie. 


Die liefde vir lees is besig om soos ‘n veldbrand deur die skool te versprei!!!

Wetenskapvereniging