Ad Altiora - Altyd Hoër

Akademiese Prestasies 2019

Hoërskool Overberg het ‘n lang, mooi en trotse geskiedenis. Ons is oor jare bekend vir hoë standaarde op alle gebiede. Ons glo saam in balans en die vier pilare waarop ons skool gebou is, is in ‘n puik kondisie. Ons akademie is voortreflik, ons kultuur kook, aan sport is daar geen tekort en ons waardes weerspieël die Ovie-hart. Ons grootte maak ons ‘n hegte familie wat mekaar ondersteun en liefhet, mekaar uitdaag en mekaar sterk maak. By die Ovies ken ons ouers mekaar, geniet mekaar se kinders en gee vir mekaar om.

Ons is geseënd met ‘n uiters bekwame en passievolle personeel – die perfekte kombinasie van ondervinding en jong bloed. Ons is ‘n omgeegroep wat in alle omstandigheide die belange van ons leerders op die hart dra. Hierdie toewyding en kundigheid word duidelik gereflekteer in prestasies.

Hier volg ons 2019-NSS-uitslae:
  • 86 Kandidate
  • 100% Slaagsyfer
  • 10 A-gemiddelde kandidate
  • 142 Vak A’s
  • 90% Baccalaureus-toelating
Nasionale toekenning:
  • Nasionale Top 20 - Afrikaans HT
Provinsiale toekenning:
  • Derde plek vir die grootste toename in die persentasie kandidate wat toegang tot Baccalaureusgraadstudies verkry in die periode 2017 – 2019
Overberg Distrikstoekennings:
  • Topkandidaat in die Overberg – Cobus Smith (93.5%)
  • 5 Kandidate in die Overberg Top 10
  • Enigste skool met buitengewone algehele prestasie
  • Skool met ‘n prysenswaardige algehele prestasie
  • Beste prestasie in Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Rekeningkunde en IGO
HS Overberg streef na uitnemendheid en die hierdie resultate bevestig ons trotse akademiese tradisie.
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X