Kultuur

Altoir

Wees ‘n ingeligte Ovie!!

‘n Gelukkige leerder word ‘n Ovie-presteerder!! Lees daarom elke kwartaal ons skoolkoerant, die Altior wat met trots deur die Altior Redaksie uitgegee word. 

Wees op hoogte met alle kultuur-, sport-, sosiale- en ander Ovie-nuus! Óf jy nou die Valentyns-, die Winter-, die Interskole- of Matriekuitgawe koop, maak seker jy het belê in ‘n allermooiste Altior.

Leerders met skryftalent en ‘n liefde vir joernalistiek kan hierdie platvorm gebruik om hulle krieatiwiteit en spesiale gawes uit te leef.

Drama

The Drama Association is comprised of a small group of energetic and enthusiastic learners, who attend our rehearsals diligently.

Our drama group attends the Montague Drama Festival in August every year. This experience is very rewarding and our learners do well.

Our love for drama stems from our Koesterklanke week in March, where many of the learners find themselves on the stage for the first time.
Drama gives learners the opportunity to be creative and express their individuality.
Anyone is welcome!

CSV

Die CSV bywoning is vrywillig en is een van die buitemuurse aktiwiteite wat ‘n groot verskil in baie leerders se lewe maak. Daar word een keer in ‘n sewedagsiklus bymekaargekom. Kringleiers het elkeen ‘n groepie waar verskeie temas binne die groepie bespreek word. Die plaaslike leraars besoek ook die CSV waar hulle ‘n boodskap aan die kinders bring. “Praise and worship” geleenthede en die besoek van diensjaarspanne is ook van die hoogtepunte op die CSV-kalender. Koffiekroegaande word ook gereeld gehou waar leerders aangemoedig word om hulle getuienis te deel.

Eisteddfod

Learners enter for the English and Afrikaans sections for speaking and writing. They do very well and every year we have a number of Cum Laude certificates awarded to our learners. Many gold and silver are attained as well.

The music, singing, art and dancing sections are also very well-supported.

Koesterklanke

Ons Koesterklanke Kunstefees is ‘n jaarlikse hoogtepunt op die Ovies se kultuurkalender. Hierdie mini-fees is nie net ‘n vertoonvenster vir ons kinders se talente nie, maar dis ook ‘n ongelooflike platvorm vir die ontdekking van versteekte vermoëns en ‘n akker waarin karakter gekweek en ontwikkel word.

Konsep:

Dit vind jaarliks in die laaste week van die eerste kwartaal plaas. Die fees is gegrond op die konsep dat elke klaskamer, saal, of watter lokaal ookal, omskep word in ‘n teater. Kort produksies in die vier dissiplines: dans, drama, musiek en kuns word voorberei en aangebied. Die fees hardloop oor twee dae. Leerders tree op as dramaturge, choreograwe, regisseurs, akteurs, dansers, musikante en kunstenaars. Elke produksie het ‘n voogonderwyser wat kwaliteitbeheer uitoefen.

Feesprogram:

‘n Volledige feesprogram word saamgestel vir hierdie mini-kunstefees. Elke produksie kry drie speelvlakke per middag/aand op die feesprogram.

Hoofproduksie:

Elke aand word afgesluit met ‘n lywige en skouspelagtige hoofproduksie in die skoolsaal. Dit word aangebied op ‘n baie groot skaal met kostuums, dekor en rekwisiete, ligte, klankbaan en effekte.

Kuierarea:

Koesterklanke word goed ondersteun deur die hele gemeenskap. ‘n Feestelike kuierarea word in die vierkant ingerig waar feesgangers heerlik saam kuier, eet en drink tussen produksies.

Beoordeling:

Alle produksies word deur ervare mense in die veld beoordeel en leerders se harde werk en talente word by ‘n Oscargeleentheid beloon met Ocarbeeldjies, sertifikate en geldpryse. Elke produksie kry skriftelike terugvoering van die beoordelaars vir ontwikkeling, verbetering en groei.

Koor

Die Hoërskool Overberg het ‘n baie aktiewe koor wat bestaan uit ±70 pragtige leerders. Ons vorm ‘n heerlike eenheid bestaande uit sportsterre, kultuurghoeroes en akademiese reuse! Ons jaarlikse repertoire bied ‘n baie lekker verskeidenheid met genres wat alle musieksmake sal bevredig!

Die koor tree gereeld op by verskeie spoggeleenthede van die skool en het ook elke jaar ‘n groot konsert saam met ‘n gaskunstenaar. Elke eerste naweek van die skooljaar word tradisioneel afgeskop met ‘n baie lekker oefenkamp.

Ons koor het in 2019 ‘n gesamentlike eerste plek in die Sing-In-Harmonie Kompetisie, wat deur KykNet aangebied is, verower.

Kultuur Buite Skool

Leerders van die Hoërskool Overberg maak op  privaatbasis van buitepersone gebruik in die volgende dissiplines:

Musiek:

 

Dwarsfluit en Klavier
Tracey Burger : 082 703 3349

Klavier
Heydi Kruger : 082 928 5691

Koperblaasinstrumente (trompet/tromboon/tuba ens..)
Beginners klavier

Stefne van Dyk : 082 923 2723

Sangonderrig
Michele van Zyl : 073 174 2696

Moderne Dans:
Made to Move : Charlene Ollewagen : 083 350 7276

Klassieke Ballet en Kontemporêre Dans:
Madelaine’s Academy of Dance : 079 479 3501

Dramaklasse:

Helen O’Grady Drama School
Jacques van Jaarsveld: 073 289 0093

Kunsklasse
Christine Vos : 084 243 1190

Le Riche van Brakel (onderwyseres): Kunsklub
Gratis Informele kunsklasse

Kultuurprestasies

Ons koor het in 2019 ‘n gesamentlike eerste plek in die Sing-In-Harmonie Kompetisie, wat deur KykNet aangebied is, verower.

Redenaars

Redenaars is ‘n baie belangrike aktiwiteit en ons moedig ons leerders aan om daarby betrokke te raak. Ons leerders neem aan verskeie kompetisies deel en het al nasionaal uitstekend presteer.

Daar word kundiges ingeroep om vir ons leerders werkswinkels aan te bied sodat hulle die fynere kunsies kan bemeester.