Landbou

Drie Landbouvakke word aangebied naamlik:

  • Landbouwetenskappe,
  • Landboubestuurspraktyk en
  • Landboutegnologie.
 

Landbouwetenskappe is ‘n studie van die verwantskap tussen grond, plante en diere in die produksie en prosessering van voedsel, vesel en brandstof en ander landbou kommoditeite wat ‘n ekonomiese, estetiese en kulturele waarde het.


Landboubestuurspraktyk is die studie en toepassing van produksie-, ekonomiese- en bestuursbeginsels wat in die verbouing, transformasie en bemarking van voedsel en ander landbouprodukte gebruik word. Hierdie beginsel word gebruik om waarde tot landbouprodukte van hoë gehalte toe te voeg sodat hierdie produkte ekonomiese, estetiese, sosiale en kulturele waarde het.


Landboutegnologie fokus op tegnologie wat in landbou gebruik word. Dit dek die kennis hoe prosesse, gereedskap, toerusting, strukture en vaardighede deur boere benut word om landbougrond te bewerk en voedsel en produkte te produseer. Dit word moontlik gemaak deur verskeie produksieprosesse en die handhawing en onderhouding van kwaliteit lewenstandaarde en die ontwikkeling van ekonomiese- en goeie kulturele waardes.

Lees meer

Die doelwitte wat nagestreef word is onder andere

  • om ‘n bewustheid te kweek van die bestuur en versorging van die omgewing en natuurlike hulpbronne deur die toepassing van wetenskaplike en verwante tegnologie;
  • meganismes vir probleemoplossing binne die konteks van landbouproduksie te ontwikkel;
  • bewus te word van die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van die samelewing as geheel deur persoonlike ontwikkeling in kommersiële- en bestaansboerdery ondernemings;
  • ingeligte en verantwoordelike burgers in die vervaardiging van landbouprodukte en masjienerie te word, wat vir die omgewing omgee.

Redes om ’n beroep in landbou te oorweeg
Meer as 50% van alle beroepe in die landbou is in die hoofstede van die wêreld.

Teen 2050 moet die wêreld se voedselproduksie met 70% styg om te voldoen aan die groeiende wêreldbevolking se behoeftes.
Wanneer jy aan ‘n beroep binne die landbou-industrie dink, wat is die eerste ding wat by jou opkom? ‘n Prentjie van ‘n boer in ‘n oorpak wat op sy trekker na die lande toe ry om te ploeg?

Dink weer. Deesdae is boerdery hoogs tegnologies en ‘n groot bedryf. Meeste beroepe in die landbou hou verband met óf besigheid óf wetenskap. Slegs ‘n klein persentasie van dié wat binne die landbou-industrie werksaam is, is in ‘n “tradisionele” boerdery beroep. Om meer spesifiek te wees, vanuit die 22 miljoen mense wat in die VSA binne die landbou-industrie werk, is slegs 2 miljoen aktief betrokke by “boerdery” op ‘n daaglikse basis (Buro van Arbeid Statistiek). Die oorgrote meerderheid werk as voedsel- of landbouwetenskaplikes of in besigheidsverwante beroepe, soos bemarking en verskaffing.

‘n Beroep in landbouwetenskap mag vir jou wees, as jy dit geniet om eksperimente te doen en die resultate te analiseer. Landbouwetenskaplikes  bestudeer gewasse en diere in ‘n poging om produksiemetodes en voedselkwaliteit te verbeter. Binne die veld van navorsing maak landbouwetenskaplikes gebruik van ‘n wye verskeidenheid wetenskaplike dissiplines soos biologie, chemie, fisika en wiskunde. Tegnologie het ‘n enorme impak op die gebied van landbou. Vooruitgang in biotegnologie het landbouwetenskaplikes in staat gestel om die genetiese samestelling van plante en diere te manipuleer, wat navorsingsgeleenthede geskep het in baie areas van die landbou- en voedselwetenskappe.

Jy sal verskeie breë areas van spesialisasie vind binne landbouwetenskap:
• Voedselwetenskap
• Landbou-ingenieurswese
• Plantkunde
• Grondkunde
• Veekunde en
• Tegnologie, bv. presisieboerdery

Hoërskool Overberg bied jou die geleentheid om jou eerste tree in ‘n  toekomsgedrewe beroepsrigting te gee. Seuns én dogters kry die geleentheid om hulle kennis en vaardighede in die landbou te ontwikkel en hulle pad oop te maak vir ‘n moontlike beroep in hierdie broodnodige sektor.

 

Ons werkswinkel en nuwe tonnel is maar net die begin van groot dinge in ons landboudepartement. Ons uitslae in die jaarlikse NSS-eksamen spreek vanself.

Elke jaar beklee ons topposisies op die Wes-Kaapse merietelys.

OVIES BOER VOORUIT... RAAK DEEL VAN HIERDIE SUKSESSTORIE DIE TOEKOMS GEBEUR HIER!