Ovies besoek Groenste Hotel in Afrika

Die graad 11 Toerisme-leerders het op Dinsdag, 19 April ‘n besoek gebring
aan die Hotel Verde by die Kaapstad Internasionale Lughawe. ‘n Wêreld van
omgewingsbewustheid het vir hul oopgegaan: mure van plante (vir suurstof),
oefenmasjiene wat die energie stoor, hysbakke wat energie opwek, ens.
Na hierdie besigtigingstoer gaan dié 24 leerders liewers trappe klim as hysbak
ry!
Daarna het hulle die lughawe besoek. Lughawens vorm ‘n baie groot deel van
hul sillabus en hier het ‘n gids hul alles geleer: die lees van
aankondigingsborde van vlugte, skandering – tot hóé jy met ‘n troeteldier
kan vlieg! Hopelik kry hulle volpunte vir hierdie afdeling in hul
Junie-eksamen!