Mev. Hanneke Strydom

Theewaterskloof Junior Stadsraad
November 27, 2017
Kuns
February 6, 2018

Mev. Hanneke Strydom, Afrikaans-onderwyseres aan HS Overberg is met ingang 1 Oktober 2017 aangestel as adjunkhoof. Mev. Strydom het in Januarie 2011 vanaf HS Frans du Toit in Phalaborwa, waar sy ‘n Departementshoof was, by Ovies aangesluit.

Sy is by ‘n wye spektrum buitemuurs betrokke: Eerste netbalspan-afrigter; Altior-redaksie; Koesterklanke – hoofproduksie-koördineerder (2017); Fondsinsameling-koördineerder, en so gaan haar lys van daaglikse take voort. Sy is vanaf September vanjaar ook mede-verantwoordlikhede vir die nuwe leerderraad.

Met haar sonnige geaardheid en positiewe lewensuitkyk, liefde vir die kinders en die onderwys kán Ovies net nóg beter presteer. Mev. Strydom is ‘n waardige opvolger vir mnr. Bester wat 39 jaar verbonde was aan Hoërskool Overberg!

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X