Die Suid Boland kampioenskappe is gehou op 17 Februarie 2018 op die skoolbaan van HS Overberg.

Daar was 17 skole wat deur ongeveer 600 atlete verteenwoordig is. ‘n Hele paar rekords is opgestel en atletiek van uitstaande gehalte is gelewer.

Ons se baie geluk aan Liané Jacobs wat D19 se Driesprong rekord na 10.34m verbeter het en aan Faizel Pieters wat ‘n blitsige 100m onder 11sek afgelê het.

Geluk aan die volgende 12 atlete wat gekies is vir die Suid-Bolandspan en wat die 2/3 Maart 2018 aan die Bolan Kampioenskappe gaan deelneem op Dal Josaphat:

• Liane Jacobs
• Jeanri Albertyn
• Faizel Pieters
• Clint Josephs
• Shandon Botha
• De Angelo Andries
• Jayden Lee Schroeter
• Adrian Swart
• Adriaan Hendricks
• Damian du Toit
• Chloe Sleenhoff
• WD Muller

Sterkte met jul voorbereiding die volgende 2 weke en ons weet dat jul die Ovie-naam sal hoog hou.