Ovies leer Paarl ken by 39C

Gebreide komberse aan Kindersorg
February 23, 2018
11 netbalspeelsters gekies vir die Overberg streekspanne
May 4, 2018

5-ster weelde, ‘n Mosambiekse spoegkobra, 300 krokodille, die bakermat van Afrikaans en die SA-wynbedryf … dít alles het die Ovie Gr. 10 toerismeklas in een dag beleef.

Die Ovies het die Paarl op ‘n snikhete dag van 39C aangedurf en eerste die Taalmonument besoek. Die simboliek van dié gebou was vir hulle besonders. Hierna is die Le Bonheur krokodil- en slangpark besoek. Hier kom hul benewens krokodille vashou, ook sien hoe avontuurtoerisme lyk, want dié plaas bied ook die duik saam met krokodille aan. Om die Kaapse kobra in aksie te sien, het vir baie beangste gille gesorg! Sommiges was dapper genoeg om die luislang as serp te drapper!

Om ‘n 5-ster boetiek-hotel te besoek, was vir die meeste leerders ‘n kykie in ‘n ander wêreld waarvan die meeste net kan droom. Verskeie tipes kamers is ook besoek en die gids het haar toerismekennis op baie onderhoudende en interessante wyse gedeel. Die leerlinge kon presies gaan kyk hoe en waar ‘n paartjie kan trou – ‘n venue om van te droom!

Franschhoek was laaste aan die beurt. Die Hugenote monument is besoek en daar is veral gewys op die erfenis van die Franse in SA. Hierna het leerlinge ‘n soewenierwinkel besoek en was verstom wat die toeriste bereid is om te betaal vir ‘n volstruisleerhandsak.

Beslis ‘n uitstappie wat hul oë vir die toerismebedryf laat oopgaan het.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X