Oviester sing “ticket to Talent America” los!

11 netbalspeelsters gekies vir die Overberg streekspanne
May 4, 2018
Die Ovies het vanjaar die Boland Hokkie-bokkie
May 14, 2018

Josh le Roux sing al vandat hy gebore is. Hy het oor jare al verskeie sang kompetisies gewen en spog-toekennings verwerf by verskillende Eisteddfods regoor die Wes-Kaap. Hy dien die skool met sy mooi talent en het al baie gehore vermaak met sy besonderse aanleg. Hierdie leerling van die Hoërskool Overberg het die afgelope naweek van 27 April, 4 goue medaljes vir sang verwerf by die Talent Africa Nationals in Port Elizabeth. Hy word ook genooi na die “Special Awards Final” op die laaste aand en verwerf daar die glas-trofee vir top 10 sanger by die byeenkoms. Al hierdie prestasies het hom die voorreg besorg om gekies te word vir die nasionale span wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig by Talent America in New York, later vanjaar.

Die Ovies is met reg trots op hulle “sing-sensasie”!


We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X