Ovies_Toekennings NSS eksamen 2018

Moorreesburg Top 10-byeenkoms – 27 Oktober 2018
November 2, 2018
Skole Kook
May 13, 2019

Akademiese Toekennings vir OVIES!

Die Hoërskool Overberg het by die afgelope prysuitdeling van die Overberg Onderwysdistrik met verskeie toekennings weggeloop.

Saam met die hoërskole van Hermanus, Swellendam en Bredasdorp het Overberg ‘n toekenning gekry vir hulle algehele goeie prestasie in die Nasionale Senior Sertifikaat- eksamen.

 

Die toekenning waarop Ovies die trotsste is, is die een van UITNEMENDHEID IN AKADEMIESE PRESTASIE. Slegs Hoërskool Overberg se matriekuitslae het aan die vereistes van hierdie toekenning voldoen. Die Oviepersoneel sal altyd getrou bly aan hulle verbintenis tot uitstekende onderrig vir AL hulle leerders!

 

Die skool is ook baie trots op die Onderwysdistrikskantoor se derde posisie in die Wes-Kaap! Dis ‘n voorreg om deel te wees van ‘n onderwyskring met so ‘n werksetiek!

 

Nog akademie

Ons is ook baie trots op ons uitslae in Ingenieursgrafika en Ontwerp in die Nasionale Seniorsertifikaateksamen van 2018. Hierdie klas, onder leiding van mnr. Louis Kriel, behaal die 9de plek uit 91 skole in die Wes-Kaap. Hulle is dan ook nommer een in die Overberg Onderwysdistrik. Freddie Nicholson en Johan Coetzee behaal elk 93% in hierdie vak wat dan ook aan hulle die top posisie in die Overbergdistrik besorg.

 

Hoërskool Overberg sorg ook jaarliks vir uitstekende uitslae in veral Rekeningkunde. Hierdie jaar beklee ons weereens die eerste plek in die Overbergdistrik.

 

Atletiek

By die afgelope Kleurebyeenkoms van die Hoërskool Overberg is die volgende uitslae

op ‘n baie winderige dag behaal:

Die FIRE-span wen die geesbeker met 37 teenoor 35.

Die wenspan op die baan was ICE met 1323 punte en die FIRE span met 1237 punte.

Die volgende leerlinge het die beste prestasies van die dag behaal:

  • Beste Junior Dogter: Chloe Sleenhof met 770 punte in Gewigstoot (9,52m)
  • Beste Senior Dogter: Nalize Beukes met 740 punte in Gewigstoot (9,23m)
  • Beste Junior Seun: Rudowan Harmse met 550 punte in die 400m (59,8s)
  • Beste Senior Seun: Zack Coetzer met 610 punte in Hoogspring (1,80m)

Slegs een rekord is verbeter deur Cullen Plaatjies met 1.85m in die S 0/19 Hoogspring-‘n droom waaraan hy al lank werk!

 

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X