Ovies hou kleureatletiek!!!!!

Baie dankie
August 30, 2019
Die Hoërskool Overberg se jaarlikse kleurebyeenkoms het plaasgevind op Vrydag 17 Januarie. Dit is tradisioneel ‘n opwindende dag, maar vanjaar was die weer perfek en daarom was die toestande perfek vir elke atleet om sy heel beste te gee. Die twee spanne wat meeding op hierdie dag is FIRE en ICE. Toeskouers was in verwondering oor wat leerlinge van hierdie twee spanne vermag het in die kort vorbereidingstyd tot hulle beskikking..

Die uitslae was as volg:

FIRE(warriors)

32

ICE(bikers)

34

Atletiek

FIRE(warriors)

1328

ICE(bikers)

1238

Die volgende individuele prestasies is behaal:

Maré Louw

Beste Junior Dogter

Mare Louw in Gewigstoot D14 behaal 750punte met 9.52m
Maré Louw

Beste Junior Dogter

Mare Louw in Gewigstoot D14 behaal 750punte met 9.52m
Jordan Wynne-Vaaltyn (2)

Beste Junior Seun

Jordan Wynne-Vaaltyn met 770 punte in die S15 100m hekkies in 14.4s. (Rekord Verbeter)
Ricky Martin

Beste Senior Seun

Ricci Martin met 720 punte in S17 Hoogspring met ‘n hoogte van 1.85m.

Die volgende rekords is ook verbeter:


Cloe Sleenhof Gewigstoot D17 met 10.49m
Jordan Wynn-Vaaltyn S15 in 100mHekkies in14,4sec
Rinus Beukes S14 in die 200m met ‘n tyd van 25.4sec

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het , aan al die afrigters en die beamptes ‘n groot dankie en ook aan die ouergemeenskap vir die ondersteuning. Daar lê nou twee weke van harde werk voor vir almal wat BETROKKE IS….die Ovies gaan hard oefen, fiks word en niks gaan hulle stuit nie! Ovie-atlete is baie opgewonde oor al die nuwe talent in hulle span en sien met groot opwinding uit na die Interskole teen Bredasdorp en Hermanus op 1 Februarie 2020.