Die Burger se jeugleierskonferensie

KykNET hoe sing Ovies plek in landswye finaal los!
June 17, 2020
Overberg District Academic Awards for 2019
June 17, 2020

Die  Burger se jeugleierskonferensie in samewerking met die WKOD het Desember in 2019 hulle 61ste bestaansjaar gevier.

Oudergewoonte is daar weer 50 leerders uit die Wes-, Oos- en Noord-Kaap gekies om hierdie byna weeklange opvoedkundige en verrykende ervaring mee te maak.

Die aansoekers word volgens streng kriteria beoordeel en ‘n paneel bestaande uit die borge stel eindelik die finale lys saam. Dit vind gewoonlik by HS Jan van Riebeeck plaas.

Ons is baie trots dat Willem Roux (hoofseun 2020) hierdie waardevolle ervaring kon meemaak.  Die praatjie oor “Moedertaalonderrig” wat hy daar geskryf en aangebied het, was van hoogstaande gehalte en sy mentor se terugvoering was puik.  Willem het as gasspreker tydens ons jaarlikse akademiese prysuitdeling opgetree.  Hy het met sy dinamiese teenwoordigheid en selfvertroue die gehoor in die palm van sy hand gehad.  Hy is ‘n ware ambassadeur vir HS Overberg.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X