Ovies klim steeds atletiekleer by SUID-BOLAND

Overberg District Academic Awards for 2019
June 17, 2020
Provinsiale Akademiese Toekenning Aan HS Overberg, Januarie 2020
June 18, 2020

Die Suid-Boland atletiekbyeenkoms is hierdie jaar deur die HS Grabouw aangebied.

In ‘n absolute versengende hitte het 44 Ovies deelgeneem om te kwalifiseer vir die Boland Kampioenskappe wat 21-22 Februarie in die Paarl sal plaasvind.

Daar was uitsonderlike goeie uitslae en verskeie atlete het hul persoonlike beste tye en afstande verbeter. Onder die top 10-atlete van die byeenkoms was Jordyn Wynne-Vaaltyn, seuns O/15 met ‘n uitstekende tyd in die 100m hekkies van 14,00. Maré Louw was weer op dreef by die gewigstoot en breek die dogters O/14 rekord met ‘n goeie afstand van 10,52m.  Sy word ook aangewys as een van die Top 10-dogtersatelete.

Van die 44 atlete het 17 atlete gekwalifiseer en maak dus deel uit van die Suid-Boland atletiekspan. HS Overberg is vreeslik trots op hierdie atlete en weet hulle gaan hulle skool se naam hoog hou by die Bolandbyeenkoms.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X