Boland Junior Enkelkampioen is ‘n Ovie

Montagu Drama Festival
June 22, 2020
Ovies Word Vereer by Overberg Distrik Sporttoekennings
June 24, 2020

Hanru Pool is ‘n ware ambassadeur vir HS Oveberg op die rolbanbaan, nie net op streeksvlak nie, maar ook provinsiaal.

Hy was verlede jaar die Overbergstreek en Boland se junior enkelkampioen en was genooi om aan die Wes-Kaap junior enkels deel te neem.  Hy eindig tweede in sy seksie en tree as wenner uit die stryd in die Wes-Kaap plaat-enkelkompetisie vir juniors.

 Hanru sou in April die Boland 0/20 A-span in Bloemfontein verteenwoordig het.  Hy sal spoedig weer sy stem dik maak op die rolbalbaan sodra die inperkingstyd verby is.  Ons is baie trots op hierdie talentvolle Ovie.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X