Icelia Viviers Blink Uit as Voortrekker

Welkom in Ovieland
June 24, 2020
Meagen Krige Won Second Prize With Her Book, Bush Holiday
June 24, 2020

Icelia Viviers (gr. 12) is lid van die Hemel-en-Aarde Voortrekkerkommando.  Sy is verkies as Adjunkhoofspanleier van die Verkenners wat leerders vanaf gr. 8 – 12 insluit.

Die Voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees in hul roeping tot diens.  Hulle  ontwikkel leierskap en diensbare leiers deur kultuur, avontuur en natuur waar die uitkomste selfdoen-vaardighede, waardegedrewe antwoorde en praktiese toepassing daarvan is.

Icelia tree met selfvertroue op en is as ‘n sterk leier geïdentifiseer om hierdie roeping wat haar te beurt geval het, te vervul.

Ons is baie trots op jou.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X