24 Januarie 2020
Geagte Ouers
WELKOM IN OVIELAND
Hoërskool Overberg het ‘n lang, mooi en trotse geskiedenis. Ons is oor jare
bekend vir hoë standaarde op alle gebiede. Ons glo saam in balans en die vier
pilare waarop ons skool gebou is, is in ‘n puik kondisie. Ons akademie is voortreflik,
ons kultuur kook, aan sport is daar geen tekort en ons waardes weerspieël die
Ovie-hart. Ons grootte maak ons ‘n hegte familie wat mekaar ondersteun en
liefhet, mekaar uitdaag en mekaar sterk maak. By die Ovies ken ons ouers
mekaar, geniet mekaar se kinders en gee vir mekaar om.
Ons is geseënd met ‘n uiters bekwame en passievolle personeel – die perfekte
kombinasie van ondervinding en jong bloed. Ons is ‘n omgeegroep wat in alle
omstandigheide die belange van ons leerders op die hart dra. Hierdie toewyding
en kundigheid word duidelik gereflekteer in prestasies. Ek verwys graag na ons
2019-NSS-uitslae:
86 Kandidate
100% Slaagsyfer
10 A-gemiddelde kandidate
142 Vak A’s
90% Baccalaureus-toelating
Nasionale toekenning: Nasionale Top 20 – Afrikaans HT
Provinsiale toekenning:
Derde plek vir die grootste toename in die persentasie kandidate wat
toegang tot Baccalaureusgraadstudies verkry in die periode 2017 – 2019
Overberg Distrikstoekennings:
Topkandidaat in die Overberg – Cobus Smith
5 Kandidate in die Overberg Top 10
Enigste skool met buitengewone algehele prestasie
Skool met ‘n prysenswaardige algehele prestasie
Beste prestasie in Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Rekeningkunde en IGO
HS Overberg streef na uitnemendheid en die hierdie resultate bevestig ons trotse
akademiese tradisie.
A warm welcome to all our new parents. The most important question to answer
when assessing a school is to determine if the children are happy there. We
unequivocally believe that a happy learner becomes an Ovie achiever. This is
the success story of Overberg High School. Values of respect, love, politeness,
zeal, pride, integrity and loyalty are nurtured and pursued. It makes us happy.
We will continue to excel in all areas. We will continue to:
Neem asseblief kennis van die volgende:
Alle kommunikasie vind plaas via die d6-Communicator wat u op u
rekenaar of foon kan aflaai. Alle bronne is daar beskikbaar.
‘n Oviegids vir graad 8- en nuwe leerders sal binnekort beskikbaar wees.
Alle tersaaklike inligting rondom die skool is daarin vervat. Kry dit onder oë
sodat u ‘n ingeligte ouer is.
Ons 2020-begroting is goedgekeur volgens artikel 38A en 39A (SA Skolewet
84 van 1996) wat eenmalig of maandeliks betaalbaar is. Skoolgeld beloop
R16 300 per jaar en ‘n eenmalige kapitaalinstandhoudingsfooi van R1 500.
Indien ‘n ouer die R1 500 nie kan beskostig nie, of dit eerder maandeliks kan
betaal, moet sodanige ouers ons kontak en die situasie kom bespreek.
Ons is die topskool in die Overberg en ons 2020 skoolgeld is steeds aansienlik
minder as die vergelykbare skole in ons omgewing. Ons sal graag ons skool
en ons fasiliteite op standaard wil hou.
Nuwe personeellede: me. Danielle Olls (BS), me. Lisa Louw (WG) en mnr.
Franscois Hugo (Rek.) Mag u ‘n geseënde tydperk beleef.
Thank you to every SGB member who represents our parents and makes a
positive, dynamic contribution to the development of Overberg High School.
Mag elkeen ervaar dat hierdie verbintenis met Hoërskool Overberg ‘n reis gaan
wees waar u genoeg Ovie-brandstof vir die tenk gaan kry. Ons is op spoed. Mag
God elkeen ryklik seën en u grondgebied vergroot.
Mev, Hanneke Strydom
Waarnemende skoolhoof