Ovies redeneer en presteer in 2020
Hoërskool Overberg is ’n plattelandse skool met nagenoeg 500 leerders. In 2020 het hulle merkwaardige kultuurprestasies opgelewer toe hulle teen ongeveer 4 000 leerders landswyd kragte gemeet het.

Voorbereiding
Die skool het in 2020 ’n klein groepie redenaars vir die Radikale Redenaarskompetisie ingeskryf. Tydens die inperking is toesprake voorberei en tuisvideo’s gemaak. Hulle is bygestaan deur juffrou West en mev. Tania van Staden van Centurion wat met die kinders getoor het. Tania het met behulp van Zoom gehelp om hul aanbiedinge af te rond. Mev. Myburg, ’n ouer, is die spanorganiseerder.

Prestasie Radikale Redenaar
Altesaam vier leerders haal die provinsiale uitdunne en al vier verower ’n plek op die Toppresteerderslys: • Robert Myburg (Gr. 9) 1ste plek Engels Eerste Addisionele Taal. • Que Dunston (Gr. 10) 8ste plek Engels Huistaal. • Miné le Grange (Gr. 11) 8ste plek Tweetalig. • Kirsten Myburg (Gr. 11) 12de plek Engels Eerste Addisionele Taal.

Nasionaal: Wenner!
Robert Myburg (gr. 9) verdien die eerste plek in Radikale Redenaars Nasionaal: Public Speaking gr. 9 Engels Eerste Addisionele Taalafdeling. Hy behaal ook die eerste plek in Allegretto se landswye finaal in beide Afrikaans Redenaars en Public Speaking kategorieë en word as die Wes-Kaapstreek se ambassadeur vir Allegretto, saam met Lila Smal (gr. 8), aangewys. Lila behaal die tiende plek. Miné le Grange (gr.11) word gekies as 1ste Prinses en Josh le Roux (gr. 11) se sangitem bring hom tot in die Top 3.

Talent Africa
Josh en Miné het ook aan die Talent Africa kompetisie deelgeneem. Josh word hier beloon met ‘n Top 10-benoeming en is gekies om S.A. internasionaal te verteenwoordig. Miné het met haar Redenaars-item onder die Top 5 geëindig en is gekies om S.A. in beide Redenaars asook modelwerk internasionaal te verteenwoordig.

Ontdek jou talent
Ons nooi elke Ovie uit om in 2021 deel te neem. Die afdelings is: prosa, lees, skryf, mimiek, modelwerk, teken en nog vele meer. Gaan kyk gerus op die webwerwe: www.allegretto-eisteddfod.co.za en radikaleredenaar.com vir meer inligting. Kontak ook gerus mev. Freda Myburg op 082 450 8146 vir navrae. Inskrywings sluit vroeg in 2021, beplan asb. nou reeds!

Allegretto Eisteddfod Nasionaal
Ovies neem vir die eerste keer deel aan die Allegretto Eisteddfod en leerders skryf vir verskeie kultuuritems in. Onder leiding van Juffrou Tania lewer ons plattelandse Ovies merkwaardige resultate op nasionale vlak. Redenaars Die algehele Top 10-plekke vir Afrikaanse Redevoering landswyd word oorskadu deur vier Ovieleerders:
• Robert Myburg (gr. 9) Eerste
• Tyra van Wyk (gr. 12) Vierde
• Kirsten Myburg (gr. 11) Neënde
• Lila Smal (gr. 8) Tiende
• Neleh Muller (gr. 9) Gala finalis

Ovies blaas nuwe talent in nasionale kultuurwêreld
Sang, Fotografie en Modelwerk HS Overberg se deelnemers lewer ’n sanger van formaat op (een wat in die toekoms nog vele skares gaan vermaak) asook ’n model en ‘n fotograaf:
• Josh le Roux (gr. 11) eindig onder die Top 3-sangers landswyd.
• Miné le Grange (gr. 11) is die Eerste Prinses met haar modelwerkinskrywing
• Kirsten Myburg (gr. 11) se fotografieinskywing besorg aan haar die vyfde plek.

Public Speaking, Reading & Monoloog
Robert Myburg (gr. 9) verower die eerste plek in Public Speaking terwyl sy sussie, Kirsten Myburg (gr. 11) die vyfde plek met Prepared Reading inneem. Anika Theron (gr. 9) blink uit met ’n puik vertoning wat haar die sesde plek landswyd in die Monoloogafdeling besorg.