Que Dunsdon, hoofseun 2022, is so pas gekies om aan die Burger se 63ste jeugleierskonferensie deel te neem.  Hy is een van 50 hoofleiers wat uit al die hoofleiers in Noord-, Suid- en Wes-Kaap gekies is.  Vanjaar se konferensie vind vanaf 13 tot 15 Desember virtueel plaas.

Que is ‘n dinamiese leier wat veral op akademiese gebied uitblink.   Hy is ook ‘n uitstekende redenaar wat ‘n ongelooflike woordeskat in beide Engels en Afrikaans het.  Sy algemene kennis is ook ‘n aspek wat uitstaan en sy vermoë om intelligent oor ‘n wye reeks onderwerpe te kan gesels én redeneer is merkwaardig.

Que is ‘n nederige en stil leier.  Hy is baie gewild onder die skool se leerders en sal voorwaar ‘n groot verskil in sy termyn as hoofseun van 2022 maak.

Hier is sy visie as hoofseun van 2022.   

“When I think of a school I think of a toolbox…  Every learner can be likened to a tool.  Every tool has a task to complete.  A school’s job is to build a house.  However, this house can only be built strongly if all tools are used effectively and fastidiously.  My vision for 2022 is that all tools are used to their maximum potential and that no tools remain in the toolbox.

I aim for unification through participation.  This participation can be culturally, academically or physically (sport).  Co-operation and teamwork in any of these areas will lead to a greater understanding of each other, which will inevitably lead to Overberg High School becoming one large family who help and support each other at all times.”

Ons sien daarna uit om die resultate van Que se insette en leierskap in sy jaar as hoofseun te ervaar.