Ad Altiora - Altyd Hoër


Ons Koesterklanke Kunstefees is ‘n jaarlikse hoogtepunt op die Ovies se kultuurkalender. Hierdie mini-fees is nie net ‘n vertoonvenster vir ons kinders se talente nie, maar dis ook ‘n ongelooflike platvorm vir die ontdekking van versteekte vermoëns en ‘n akker waarin karakter gekweek en ontwikkel word.

Konsep:

Dit vind jaarliks in die laaste week van die eerste kwartaal plaas. Die fees is gegrond op die konsep dat elke klaskamer, saal, of watter lokaal ookal, omskep word in ‘n teater. Kort produksies in die vier dissiplines: dans, drama, musiek en kuns word voorberei en aangebied. Die fees hardloop oor twee dae. Leerders tree op as dramaturge, choreograwe, regisseurs, akteurs, dansers, musikante en kunstenaars. Elke produksie het ‘n voogonderwyser wat kwaliteitbeheer uitoefen.

Feesprogram:

‘n Volledige feesprogram word saamgestel vir hierdie mini-kunstefees. Elke produksie kry drie speelvlakke per middag/aand op die feesprogram.

Hoofproduksie:

Elke aand word afgesluit met ‘n lywige en skouspelagtige hoofproduksie in die skoolsaal. Dit word aangebied op ‘n baie groot skaal met kostuums, dekor en rekwisiete, ligte, klankbaan en effekte.

Kuierarea:

Koesterklanke word goed ondersteun deur die hele gemeenskap. ‘n Feestelike kuierarea word in die vierkant ingerig waar feesgangers heerlik saam kuier, eet en drink tussen produksies.

Beoordeling:

Alle produksies word deur ervare mense in die veld beoordeel en leerders se harde werk en talente word by ‘n Oscargeleentheid beloon met Ocarbeeldjies, sertifikate en geldpryse. Elke produksie kry skriftelike terugvoering van die beoordelaars vir ontwikkeling, verbetering en groei.

Prestasies Koesterklanke 2019: Oscartoekennings

Kategorieë

Wenner

Rol,

indien van toepassing

Produksie

Beste akteur

Charl Bester

Drama meneer

Kuns in die Heuwels

Hoofproduksie

Beste aktrise

Kaylee Krige

Berta

Karin

Allison

AA-vergadering

Kuns in die Heuwels

Dieper as detensie

Beste byspeler (seun)

Jaco du Toit

 

Dieper as Detensie

Beste byspeler (dogter)

Courtney de Wet

Phicusplant 

Dr. Le Roux

Beste dramaturg

Sonja Louw

-

AA-vergadering

Beste stelontwerp

Ane Rademan

 

Bohaai in Brakpan

Beste drama

Kaylee Krige

 

Dieper as Detensie

Beste plakkaat

(handgemaak)

Ruan Delport

 

Andante

Beste plakkaat

(elektronies)

Kaylee Krige

 

Dieper as Detensie

Beste choreograaf

Nina Theron

 

Spieël-dans in Hoofproduksie

Beste dans

Lenka Barnard

Ashley Odendal

 

Handclap in Hoofproduksie

Beste musiek

Koor

Marimbas

   

Veelsydige bydrae

Nina Theron

Choreograaf

Danser

Aktrise

Regisseur

Dramaturg

Koorlid

 

Koestertjie

Eva Quinlan

 

Divert the Advert

Foto's

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X