Lize Visser

Lize Visser (viool) – ‘n leerder van Debbie Biermann van Kleinmond se Handevat Musiekprojek – het met haar Goue toekenning die hoogste punte in die senior afdeling vir viool-soliste behaal.

Marimbas

Die Handevat Marimbas het vir die 5de agtereenvolgende jaar (sedert hul begindae) die Goue Medalje vir Hoërskool-Marimba bands by die Overbergse Eisteddfod verower.             Onlangse foto aangeheg met hul Stellenbosch Kunswedstrydmedaljes wat hul vroeër vanjaar verwerf het.

Jeannie Fick

Jeannie Fick word 2015, 2016 en 2017 aangewys as die beste pianis in by die Overberg Eisteddfod met verskeie Cum Laudes oor die 3 jaar!

Interdistrikte Netbaltoernooi – 2017

Interdistrikte Netbaltoernooi – 2017 Die Interdistrikte toernooi het vanjaar in Wellington plaasgevind en al die streekspanne vanaf O/11 tot O/18 het deelgeneem. Die Hoërskool Overberg was verteenwoordig deur: O/14 Nalize Beukes Innocentia Olivier Isabella Brink Denay Benjamin O/15 Ilne Benjamin Hlonela Bala O/17 Michelle Blom Alison Godfrey O/18 Amber Damon Agter:Hlonela; Isabella; Amber; Ilne; Michelle; […]