Ovie-leiers word geskool

Hoërskool Overberg woon jaarliks ‘n leerderleierskonferensie by La Rochelle by. Plattelandse skole word genooi en bederf deur ‘n verskeidenheid van leiers in SA wat hul toespreek VLNR Curtleigh Tobias; Anri Matthee; Lynn Fisher; Alex du Plessis

Landbouwetenskap Uitstappies

GRAAD 10 Die gr. 10’s besoek Overberg Agri se Roodebloem proefplaas vir ‘n geasseseerde prakties van lamer- immobilisering, lammer – hantering, asook lammer – dosering. Ons besoek Overberg Agri se Roodebloem proefplaas vir ‘n praktiese demonstrasie van die skandering van dragtige skaap – ooie. By Overberg Agri se Roodebloem proefplaas word ‘n praktiese demonstrasie van […]

Ovies besoek Groenste Hotel in Afrika

Ovies besoek Groenste Hotel in Afrika Die graad 11 Toerisme-leerders het op Dinsdag, 19 April ‘n besoek gebring aan die Hotel Verde by die Kaapstad Internasionale Lughawe. ‘n Wêreld van omgewingsbewustheid het vir hul oopgegaan: mure van plante (vir suurstof), oefenmasjiene wat die energie stoor, hysbakke wat energie opwek, ens. Na hierdie besigtigingstoer gaan dié […]

Ovies besoek Paarl-attraksies

Op Donderdag, 23 Februarie het die Graad 10 Toerismeklas verskeie attraksies in die Wynlande besoek. Eers was die Le Bonheur krokodilplaas aan die beurt. Hier kon leerlinge die nuwe avontuur-aktiwiteit, krokodilhok-duik aanskou toe buitelanders dit beproef het. Daarna kon hul self ‘n klein maatjie vashou (erg versigtig, maar gelukkig is sy bek toegemaak!) Hul kon […]