Koesterklanke 2018

Op 26 en 27 Maart verander die klaskamers van Hoërskool Overberg in ‘n reuse teater en skooluniforms word kostuum. Dis dramas, sang, flieks, dans….Leerlinge skep self hul eie produksies en die adrenalien pomp behoorlik hierdie twee dae. Vanjaar is die hoofproduksie ‘Blended”, ‘n skouspel van danse, sang en drama. Vanjaar spog Koesterklanke ook met Altiora […]

Akademiese prysuitdeling op 23 Januarie 2018

By die akademiese prysuitdeling op 23 Januarie 2018 is die Dux-leerders van HS Overberg, graad 8 – 11 (2017), aangekondig. VLNR Mev. Hanneke Strydom (Akademiese hoof) Cobus Smith (graad 10) 92.4% Mnr. Eddie Labuschagne (skoolhoof) Willem Roux (graad 9) 91.1% Aldrich Opperman (graad 8) 89.2% Jeanri Albertyn (graad 11) 89.0%

Koorkamp

Die Hoërskoolkoor, bestaande uit 76 lede, het 19,20 Januarie 2-18 ‘n baie suksesvolle oefenkamp gehad by die Oudekraal venue buite Caledon. Kinders het entoesiasties gewerk en ‘n stewige grondslag gelê vir ‘n wonderlike koorjaar!! Die nuwe juf. Anna-Mart Fourie, Fia Geldenhuys (die begeleidster) en Mnr Conrad Meyer, saam met die koorleier juf. Stella Augustyn  het  […]

Kuns

Visuele Kunsklasse is beskikbaar by Hoërskool Overberg op Woensdae 14:00 – 16:00 in die Hokkie Klubhuis  (onderhewig aan verandering na gelang van die groep.) Kontakpersoon:  Arina Myburgh  [0826803586]