Oviester sing “ticket to Talent America” los!

Josh le Roux sing al vandat hy gebore is. Hy het oor jare al verskeie sang kompetisies gewen en spog-toekennings verwerf by verskillende Eisteddfods regoor die Wes-Kaap. Hy dien die skool met sy mooi talent en het al baie gehore vermaak met sy besonderse aanleg. Hierdie leerling van die Hoërskool Overberg het die afgelope naweek van […]

Ovies leer Paarl ken by 39C

5-ster weelde, ‘n Mosambiekse spoegkobra, 300 krokodille, die bakermat van Afrikaans en die SA-wynbedryf … dít alles het die Ovie Gr. 10 toerismeklas in een dag beleef. Die Ovies het die Paarl op ‘n snikhete dag van 39C aangedurf en eerste die Taalmonument besoek. Die simboliek van dié gebou was vir hulle besonders. Hierna is […]

Gebreide komberse aan Kindersorg

Noni Afrika en Sayola Zingula oorhandig gebreide komberse aan Kindersorg in Kleinmond waar 16 kinders versorg word. Die komberse is gebrei en aanmekaar gehekel deur 2 dames van Caledon, mev. Olive de Waal (95) en mev. Fransiena Otto.

Dankie, Ovie-Onnies

Die graad 10A-klas het die personeel van HS Overberg se Valentynsdag gemaak met ‘n baie spesiale geskenkie – ‘n pragtige kolwyntjie in ‘n kunstig versierde houertjie. Só het hul hul onnies bedank vir soveel empatie en deernis vir die Ovies